Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 24 NOVEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
EENJAARLISENSIE MOET NOU HERNU WORD
MEGA KUBUSSATELLIETLANSERING SLUIT TWEE SATELLIETE VAN GROOT BELANG IN
NUWE HAMNET PROJEKTE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

EENJAARLISENSIE MOET NOU HERNU WORD

ICASA het die SARL ingelig dat amateurs wat die houers van eenjaarlisensies is voor 31 Desember vir hernuwing aansoek moet doen. Regulasie 9 stipuleer dat radioamateurs jaarliks vir hernuwing aansoek moet doen tensy hulle houers van ‘n multijaarlisensie is, in welke geval daar teen dioe vervaldatum aansoek gedoen moet word.

ICASA sal hernuwingsfakture gedurende Januarie uitreik. Indien jy ‘n eenjaarlisensiehouer is moet jy die nuwe vorm B wat op die Liga se webwerf beskikbaar is voltooi en dit voor 31 Desember 2013 per e-pos stuur aan dkuhrau@icasa.org.za.

MEGA KUBUSSATELLIETLANSERING SLUIT TWEE SATELLIETE VAN GROOT BELANG IN

Op Donderdag 21 November 2013 het die “French South African Institite of Technology (F’SATI)geskiedenis gemaak deur die eerste in Suid-Afrika, en inderdaad Afrika, te wees wat ‘n plaaslik vervaardigde nanosatelliet vanaf ‘n basis in Rusland in ‘n wentelbaan om die aarde te plaas.

Deon Coetzee, ZR1DE, wat SA AMSAT by ‘n funksie by die Universiteitskampus verteenwoordig het rapporteer dat prof Vuyisa Mazwi-Tonga, die Visiekanselier, hulde gebring het aan almal by die Universiteit wat hierdie gebeurtenis moontlik gemaak het en gesê hy is uiters trots om deel daarvan te wees.

Aanvanklik bekend as ZACUBE-1 is die satelliet herdoop tot TshepisoSat na afloop van ‘n kompetisie vir Gr 9 leerders. Tshepiso is die seSotho woord vir belofte.

Die lansering was die uiteinde van vyf jaar se werk nadat die bou van ‘n klein satelliet in Februarie 2008 deur prof Robert van Zyl as deel van die ingenieurswese leerplan voorgestel is. Samewerking deur die Franse owerheid het die vorming van F’SATI moontlik gemaak. Die Franse ambasadeur in Suid-AfrikaElizabeth Barbier, het voortgesette ondersteuning vir die program beloof.

ZACUBE-1 was een van veertien kubussatelliete aan boord van die dertig meter drie stadium vuurpyl. Al die kubussatelliete is suksesvol op ‘n hoogte van 600 km bo die aarde vrygestel. TshepisoSat sal tot 15 keer per dag in ‘n poolwentelbaan om die aarde wentel.

"At 11h13 the first signals from ZACUBE-1 were received amongst loud cheers” het Deon rapporteer. Volgens Francois Visser, ZS1CED, die hoofingenieur en studentementor, funksioneer die satelliet goed. Dit bevat ook ‘n kamera wat gebruik sal word om die vrylaat van die 20 m bakenantenna te monitor. Die baken sal op 14 099 kHz funksioneer en gebruik word om die Superdarn Antennas te Antartika te karakteriseer. ‘n UHF baken opereer op 437,345 mHz. Volg vordering van die projek op www.cput.ac.za/fsati en www.amsat.org.za

Die tweede satelliet wat vir amateurs van belang is, is FunCube. Die satelliet is ‘n projek van AMSATUK in samewerking met ISIS. Die eerste sein van FunCube is deur Alan Soal, ZS1LS, omtrent tien minute na ontkoppeling waargeneem. FunCube dra verskeie interessante vragte en is reeds ‘n OSCAR benoeming, Oscar-73, toegeken. Volg FunCube op www.funcube.org.uk

NUWE HAMNET PROJEKTE

Twee projekte waarby Hamnet en die algemene publiek op verskeie maniere sal baat vind is die afgelope week van stapel gestuur.

Die afgelope jare het prof Kobus Botha, wie se webwerf www.weatherphotos.co.za wat internasionaal vir weervoorspelling en ‘n magdom belangrike weerverwante sake bekend is ‘n uitstekende verhouding met Hamnet opgebou.

Vir Hamnet is noodkommunikasie die hoofdoelwit aangesien die weer by die meeste noodtoerstande oor ons land ‘n rol speel.

Gedurende die week het Kobus Botha ‘n skakel op bogenoemde webwerf na Hamnet se Faceboek blad geskep. Dit beteken dat volgers van die webwerf nou direkte skakeling met die Hamnet bladsye het. Dit skep geleenthede vir die Hamnet werf aangesien besoekers nou toegang kry tot verslae, fotos en ander rampverwante inligting.

‘n Ander voordeelvir hamnet is dat die algemene publiek wat die webwerf besoek nou net net van Hamnet aktiwiteiete kan kennis neem nie, maar ook kan sien wat die betrokkenheid met noodkommunikasie plaaslik en wereldwyd is.

Die ander projek wat die lig sien is ‘n verslag van Hamnet vrystaat. Rickus de lange, ZS4A, die Provinsiale Direkteur, het ‘n daaglikse moniteringstelsel op die 40 m band van die I.A.R.U. Streek 1 noodfrekwensie 7,110 mHz bekend gestel.

Met die roepsein ZS4DCC en beman deur Rene, ZS4JC, sal hierdie frekwensie daagliks tussen 07:00 en 15:30, naweke uitgesluit, gemonitor word. Sy Rene monitor ook al die ander Rampbestuur radios in die beheerkamer.

Rickus het Mnr Chris Helm, die huidige voorsitter van die Bethlehem rampbestuursentrum genader en hamnet se dienste aangebied nada thy verduidelik het watter waarde dit vir die publiek het. Die aanbod is verwelkom aangesien veldbrande en sneeustortings dikwels voorkom langs die N3 en N5 roetes.

Ander voordeel, met Bethlehem wat sentraal gelee is, is dat Rene die noodfrekwensie kan monitor. Dit is van groot waarde in weerverwante noodtoestande en skoolvakansies.

‘n Protokol sal ontwikkel word vir gebruik in noodgevalle en die prosedures wat gevolg moet word aandui.

Dank ook aan Rendal, ZS4RC, wat met die opstel van die stasie behulpsaam was.

LIGANUUS

BESPREEK NOU VIR DIE VOLGENDE SARL@HOME WAT FOKUS OP OPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE

Bespreek nou vir die volgende SARL@home en oorwin jou projekvrees met oppervlakmonteringstegnologie by die volgende SARL@Home. Die projek sal deur Frik Wolff, ZS6FZ by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum op 30 November vanaf 09:00 - 13:00 aangebied word.

Koste beloop R150 en sluit die onderdele wat benodig word vir die bou van 'n FM sender in. Dit kan gebruik word om jou amateurradioklank na draagbare FM ontvangers deur die huis te herlei. Dit sluit ook 'n KS in met tutorial, stroombane ens. Ni-Lede betaal R250.

Bespreking is noodsaaklik aangesien slegs 20 deelnemers gehuisves kan word. Jy sal jou eie soldeerstasie met dun punt, handgereedskap en vergrootglas moet voorsien. Die SARL het ook 'n spesiale aanbieding op vergrootglase indien jy een sou wou aankoop. Volledige besonderhede is op die registrasievorm op die SARL webwerf beskikbaar en jy kan ook die status van jou berspreking daar bevestig.

OPROEP OM VOORLEGGINGS VIR 2014 RTA

Die SARL het met die beplanning van 2014 se RTA’s wat in al die hoofsentra vanaf Julie gehou sal word begin. Hierdie is dan ‘n versoek vir die aanbied van voorleggings om tydens die RTA’s aan te bied en ook op die Simposium KS ingesluit te word. Indien u ‘n onderwerp het om by al die RTA’s of slegs u plaaslike een aan te bied word u versoek om ‘n samevatting daarvan teen 15 Desember aan ons te stuur na rta@sarl.org.za Sluit asseblief u kontakbesonderhede in.

KLUBNUUS

MIDLANDS AMATEURRADIOKLUB 6 M KRUISBAND HERHALER

Die Midlands Amateurradioklublub het so pas die installasie van ‘n 6m kruisbandherhaler voltooi. Dis ‘n baie ongewone ontwikkeling vir Amateurradio in Suid Afrika en uitslae van die ontwikkeling sal baie interressant wees. Seinverslae en terugvoer kan gestuur word na admin@marc.org.za

Die herhaler sal aktief wees op 50,550MHz FM Simpleks en ‘n 88,5 Hz toon word benodig. Enige aktiwiteite op ons VHF/UHF herhalers sal op 50,550 uitgaan. Stem tydaankondigings sal elke uur op die uur geskied. As u die 6m herhaler aktiveer – op Sondag om 08:00 is dit die weeklikse Klub net; Sondag 09:00 – 10:00 ZS0JPL-R “SwapShop” en op Maandag 20:00 Amateur Radio Newsline.

Die herhaler kontroleurhardeware is ‘n RTCM, die proggramatuur is “AllStar” (‘n HAM weergawe van Asterix PABX VoIP sagteware).
Baie dankie aan Shaun Rudling, ZR5S, vir uitstekende werk gelewer.

KOMPETISIENUUS

RADAR KOMPETISIEUITSLAE – NOVEMBER 2013

RaDAR – Waag om anders te wees! Dit is werklik wonderlik wat Lucy, M6ECG, bereik het.

Ongelukkig is deelnemers aan RaDAR besig om te taan in Suid-Afrika. Nie dat dit die mening is dat dit ‘n slegte gedagte is nie, die belangstelling neem bloot af. RaDAR in Suid-Afrika het ‘n interessante geskiedenis en het begin as “Shack in a Sack” (SiaS) jare gelede. Daar was toe 90 deelnemers. Vanjaar was daar, ten spyte van goeie reklame, slegs vier logstate ingedien.

RaDAR het gedurende 2013 goed ontwikkel en sal gedurende 2014 met die insluiting van die internasionale radiogemeenskap verder uitgebou word. RaDAR bied ‘n uitdaging wat geen ander kompetisie doen nie. Die kompetisie is inderwaarheid ‘n toets van dit wat amateurs gereeld doen.

Die volgende vier logstate is vir Streek 1 ingedien:

Dick, ZS6RSH RaDAR Veldstasie, QRP = 60 punte.
Theunis, ZS2EC, RaDAR Vaste Stasie, 100 W = 16 Punte.
Eddie, ZS6BNE, RaDAR te voet, QRP, Digitaal = (punt ontbreek)
Lucy, M6ECG, radar te voet, 10 W = 96 punte.

Gelukwense aan Lucy wat die kompetisie wen!

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat na 'n opwindende week van hoë sonvlek tellings die sonaktiwiteits vlak besig is om na 'n meer gematige vlak terug te keer.

Geen een van die sonvlek groepe wat van die aarde af sigbaar is produseer enige ernstige sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 72.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Vroëe aand 6 m openinge gaan skaars wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



DAGBOEK VAN GEBEURE

25 November - Laaste dag vir instuur van logstate vir die Nasionale Velddag
30 November - High Altitude Balloon Lansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
30 November - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
28 Februarie 2014 - Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003